Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

36天中的第23天

Bybelstudie 17/30

Hanteer negatiewe emosies en gedagtepatrone

Sleutelbeginsel

Almal van ons sukkel met emosies wat ons lewens sal vernietig as ons dit nie hanteer nie. Hierdie emosies kom gewoonlik uit geestelike of emosionele pyn wat ons in die verlede ervaar het. Die begin van bevryding van hierdie emosies, is om die mense wat ons seergemaak het, te vergewe.

Dit kan wees dat jy dalk na ‘n ander volwasse gelowige moet gaan om saam te bid oor ‘n persoon wat jou te na gekom het. Soms is verdere professionele hulp nodig. Dit is belangrik dat jy hierdie verskillende emosies sal hanteer. Daar is hulp beskikbaar. Jesus het gesterf sodat ons volkome vry kan wees (Johannes 8: 32, 36).

Werk deur die volgende 5 emosies

· Verwerping

· Skande (gevoelens van skande "shame”)

· Onsekerheid (gevoelens van minderwaardigheid“insecurity”)

· Skuldgevoelens (valse skuldgevoelens)

· Om ongeliefd en onaanvaarbaar te voel

Die eerste stap is om dit te erken indien jy iets daarvan in jou hart ontdek. Tweedens sal jy waarskynlik iemand moet kry met wie jy daaroor kan praat, wat jou kan help en saam met jou kan bid om van hierdie emosies bevry te word en om geestelike genesing te ontvang.

Besin oor Efesiërs 1:3-14

Hierdie is ‘n baie ryk Skrifgedeelte. Ruim genoeg tyd in om dit te bestudeer. Lees dit minstens 2-3 keer deur. Bid daaroor en vra die Heilige Gees om die waarhede van hierdie gedeelte vir jou oop te breek. Skryf 20+ dinge neer wat jy uit hierdie gedeelte leer oor wie God is, sy skeppingsdoel met jou, wie jy is, jou doel op aarde en die beloftes wat God hier aan jou maak.

Gebruik Efesiërs 1:3-14 om te besin oor elkeen van die vyf emosies wat hierbo genoem word.

Neem hierdie emosies een vir een en vra elke keer: As dit is wat God van Homself sê en wat Hy van my sê, hoe moet ek oor myself dink en hoe moet ek oor my gevoelens van byvoorbeeld verwerping en minderwaardigheid dink. Bid ooreenkomstig die Woord oor jou emosies – glo God en die Woord eerder as jou eie emosies.

读经计划介绍

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More