Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies预览

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

36天中的第17天

Bybelstudie 11/30

God is ons Vader

Sleutelbeginsel

Die Bybel leer vir ons dat God ons Vader is. Hy het ons geskep en wil graag in ‘n persoonlike verhouding met ons lewe. Op baie plekke noem God Homself ons Vader en dat Hy ons Vader wil wees.

Wanneer ons na Jesus toe kom en Hom vra om ons van ons sondes te verlos, word Hy ons Verlosser en Here. Ons word egter terselfdertyd kinders van God die Vader. Dit is waarom Jesus, toe Hy die dissipels leer bid het, vir hulle gesê het: So moet julle dan bid: “Ons Vader wat in die hemel is …

Sleutel Skrifgedeeltes

Wat leer ons uit Lukas 15:11-32 oor God die Vader?

Lees ook: Romeine 8:15 en Jesaja 64:8

2 Vrae

1. Wat leer ons uit hierdie gedeeltes oor God die Vader ─ sy karakter, beloftes, bevele, aktiwiteite en hoe Hy werk?

2. Wat leer jy uit hierdie gedeeltes oor hoe God oor jou dink en wat Hy van jou verwag?

Wat moet verander

Wat is daar wat in my lewe moet verander ten opsigte van God ─ my gesindheid teenoor God in die lig van wat ek geleer het oor God die Vader, in hierdie Skrifgedeeltes? Beleef ek God soos wat Hy Homself in hierdie Skrifgedeeltes openbaar? Wat moet verander in my gesindheid teenoor God as Vader?

Name en beskrywings van God die Vader

Wanneer jy hierdie name van God bestudeer en hulle bid, sal jou verhouding met God verdiep.

Abba Vader – (Gal.4:6); God die Allerhoogste – (Gen.40:17); El-Shaddai (Die Algenoegsame; Die Bevrediger) – (Gen.17:1).

Jahweh Die Een wat op Sy eie bestaan, Die Groot EK IS, Die Verlossingsnaam van God ─(Eks.3:14). Jahweh Die Ewige; Die Een wat vir altyd lief het ─(Mal.3:6). Jahweh-Goaleka Die Here jou Verlosser (Jes.44:24). Jahweh-Hosenu Die Here ons Skepper ─(Ps.95:6). Jahweh-Jireh God sal voorsien; Voorsiener ─(Gen.22:8-14). Jahweh-Makkeh Die Here wat straf ─(Eseg.7:9). Jahweh-Mekaddishkem Die Here wat julle heilig ─(Lev.20:8). Jahweh-Nissi Die Here my Banier ─(Eks.17: 15). Jahweh-Rohi Die Here my Herder ─(Ps.23:1). Jahweh-Rophe Die Here wat jou gesond maak ─(Eks.15:26). Jahweh-Shalom Die Here gee rus; God is vrede ─(Rig.6:24). Jahweh-Shammah Die Here is daar; Die Oorvloedige; Die Ewig teenwoordige Een ─(Eseg.48:35). Jahweh-Shammal God is met my ─(Ps.23:4). Jahweh-Tsidkenu Die Here verskaf reg aan ons ─(Jer.23:6; 33:16).

Jou Bewaarder ─(Ps.121:5). My Maker ─(Job 35:10). My Vader ─(Joh.5:17). Ons Vader ─(Matt.6:9). Onverganklike, Onsienlike, Enigste God ─(1 Tim.1:17). Regverdige Vader ─(Joh.17:25). Rots ─ (Deut.32:18). Rots waar ek veilig sal wees ─(Ps.61:3). Skepper van alles en almal ─(Jer.51:19). Vader ─(Mal.2:10). Vader van Genade ─(2 Kor.1:3). Verterende vuur ─(Heb.12:29).

读经计划介绍

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More