Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

18天中的第7天

Beveg vrees

Daarom, verneder julle onder die kragtige hand van God ... deur al julle bekommernis op Hom te werp; want Hy gee om vir julle” (1 Petrus 5:6-7 AFR20).

Petrus se lesers was bekommerd, en met goeie rede, aangesien die duiwel rondgegaan het soos 'n brullende leeu op soek na iemand om aan te val (1 Petrus 5:8). Petrus sê egter vir hulle om nie bang te wees nie, maar om hulle bekommernisse op God te werp, want Hy sorg vir hulle. Trouens, hy sê dat sy lesers hulleself onder God se hand moet verootmoedig, en om hulle bekommernisse op Hom te werp is 'n uitdrukking van hulle nederigheid. Kom ons dink vir 'n oomblik daaroor.

In Matteus 6 sê Jesus vir sy luisteraars om nie bekommerd te wees oor hulle lewe, wat hulle sal eet of wat hulle sal aantrek nie. Hulle hemelse Vader weet wat hulle nodig het. In plaas daarvan om gefokus te wees op hul eie behoeftes en begeertes, moet Christene eers die koninkryk van God soek en Hom vertrou om vir hulle te voorsien.

Natuurlik wil die Satan nie hê dat ons op God se koninkryk gefokus moet wees nie. Hy wil ons aandag aflei, en een van sy taktieke is om ons met vrees en angs te vul. Moenie dat dit gebeur nie, waarsku die Bybel ons. Werp jou bekommernisse op God, en erken dat Hy in staat is om vir jou te sorg. Vertrou Hom!

读经计划介绍

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

More