Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

18天中的第8天

Die stryd teen twyfel en ongeloof

En Jesus sê vir hom ... ‘Alles is moontlik vir iemand wat glo.’ Onmiddellik roep die vader van die kind uit: “Ek glo! Kom my ongeloof te hulp!” (Markus 9:23-24 AFR20).

In Genesis 3 is dit die eerste keer dat die Satan in die Bybel genoem word. Hy praat met Eva en saai twyfel in haar hart. Hy laat haar glo dat God nie so goed en betroubaar is as wat sy gedink het Hy is nie. Eva se geloof in haar Skepper wankel en sy neem 'n dramatiese besluit wat die hele mensdom in 'n ramp dompel.

Deesdae probeer die Satan steeds ongeloof en twyfel saai. Ideaal gesproke sou hy natuurlik graag wou hê dat mense glad nie aan God dink nie en Hom nooit leer ken nie. Wanneer mense egter opreg in die Bybelse boodskap belangstel, probeer hy hulle geloof uitdaag.

Ons sien baie voorbeelde in die Bybel van mense wat vol geloof is, maar ook van mense wat twyfel. Een so 'n voorbeeld is 'n pa wat met sy siek kind na Jesus toe kom. Hy wil bitter graag hê sy seun moet gered word, maar sy geloof is so swak! Hy roep in trane uit: “Ek glo; help my ongeloof”. En Jesus help hom. Sy kind word genees.

As jy twyfel en jou geloof is geskud, wees bewus daarvan dat dit 'n aanval van die Satan kan wees. Vra Jesus om jou geloof te versterk en enige ongeloof uit jou hart te verwyder.

读经计划介绍

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

More