Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

18天中的第9天

Aardse lyding is net tydelik

Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin” (Johannes 16:33 AFR20).

Jesus waarsku sy dissipels om die vyandigheid van die wêreld ernstig op te neem. Hulle moet verdrukking verwag: “As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg” (Johannes 15:20 AFR20). Ons weet dat Jesus wreed vermoor is, en verskeie van sy volgelinge ook. Jesus sê egter ook vir hulle om moed te hê aangesien Hy die wêreld oorwin het. Hy het “die god van hierdie wêreld”, die Satan, oorwin. Daarom het Jesus alle gesag in die hemel en op aarde ontvang (Matteus 28:18).

Ons sien nog nie dat Jesus oor alles regeer nie, maar ons weet sy heerskappy sal ten volle geopenbaar word aan die einde van die tyd. Dit is ons lewende hoop, wat ons in staat stel om selfs te midde van beproewinge bly te wees. Ons weet dit sal net "'n rukkie" duur, en daarom kan ons ons koppe oplig in die hoopvolle verwagting dat ons finale verlossing naby is. Selfs in die ergste scenario waar ons vir ons geloof vermoor word, is hierdie lyding net tydelik. Satan kan nie die ewige lewe van ons wegneem nie. Hy kan net ons liggame beskadig, nie ons siele nie.

Hou moed, Jesus Christus het die wêreld oorwin!

读经计划介绍

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

More