Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

18天中的第12天

Paulus het die verspreiding van die evangelie belangriker geag as sy eie lewe

“... behalwe dat die Heilige Gees van stad tot stad aan my bevestig het dat gevangenskap en swaarkry op my wag. Maar ek heg geen waarde aan my eie lewe nie, solank ek my lewenstaak en die bedieningsopdrag wat ek van die Here Jesus ontvang het, kan voltooi: om kragtig te getuig van die evangelie van die genade van God” (Handelinge 20:23-24 AFR20).

In Handelinge 9:15-16 sê God oor Paulus: “Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel. Ek sal boonop aan hom toon hoeveel hy ter wille van my Naam moet ly.

Jare later het Paulus inderdaad baie lyding beleef. En hy het geweet dat nog swaarkry op hom wag. Ander mense het hom aangespoor om nie na Jerusalem te gaan nie, aangesien die Heilige Gees getuig het dat hy daar in die tronk sou wees. Paulus was egter vasbeslote om sy sending voort te sit. Hy het vir sy vriende gesê: “Ek is bereid om nie net gevange geneem te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf ter wille van die Naam van die Here Jesus” (Handelinge 21:13 AFR20).

Paulus se lewe kon baie makliker en gemakliker gewees het as hy opgehou het met sy sendingwerk. Maar nee, sê Paulus, om die werk te voltooi wat die Here Jesus hom gegee het om te doen, was die lyding werd. Om die evangelie te deel was so belangrik dat Paulus gereed was om sy lewe daarvoor prys te gee. Hy was vol vertroue dat God hom oorvloedig sou beloon vir sy getroue diens (sien 2 Timoteus 4:7-8).

Is jy gereed om opofferings te maak vir die verspreiding van die evangelie?

读经计划介绍

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

More