Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

18天中的第6天

Om deur God verlate te voel

My God, my God, waarom het U my verlaat? Waarom is U ver daarvan om my te verlos, ver van die woorde wat ek uitskreeu?” (Psalm 22:1 AFR20).

Jesus het belowe om altyd by sy kinders te wees, tot die einde van die tyd. Dit voel egter nie altyd so nie! Soms voel ons so eensaam en ellendig dat dit lyk asof God ons verlaat het. Sommige Christene dink dat hierdie gedagtes onderdruk moet word omdat dit sondig is.

Gewoonlik los die onderdrukking van ons gevoelens egter nie die probleem op nie. In baie psalms roep die skrywers na God en vertel Hom van hul emosies. Byvoorbeeld, in Psalm 22. Hierdie lied begin dadelik met die desperate vraag: “My God, my God, waarom het U my verlaat?

Dawid stort sy hart vir die Here uit. Hy vertel hoekom hy so desperaat is en hoe ander mense hom bespot oor sy vertroue in God. Maar hy smeek ook vir God: "U, Here, moet tog nie ver van my bly nie; my bron van krag, kom my gou te hulp!" (Psalm 22:19 AFR20). Op een of ander manier weet Dawid steeds dat God daar is en sy gekerm hoor. Die goeie ding van hierdie psalm is dat Dawid die uitkoms ook met ons deel. God het sy aangesig nie vir hom verberg nie, maar het gehoor toe hy na Hom geroep het (Psalm 22:24 AFR20).

As jy deur God verlaat voel, hou aan bid! Mag Psalm 22 jou bemoedig. Selfs wanneer jy desperaat en alleen voel, hoor Hy.

读经计划介绍

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

More