Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

18天中的第10天

Volhard in God se krag

"Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee" (Filippense 4:13 AFR20).

In Psalm 23 vergelyk Dawid homself met 'n hulpelose skaap. Op sy eie sou hy nie kon oorleef nie. Maar in die sorg van sy Herder is hy heeltemal veilig! Selfs in baie donker omstandighede, metafories genoem "'n vallei so donker soos die graf", hoef hy nie vir enige gevaar bang te wees nie, aangesien God hom vertroos en beskerm.

Paulus het dieselfde ervaar. Hy het deur baie ontberings gegaan wat hy nie op sy eie kon verduur nie. Maar hy het volhard “deur Hom wat my krag gee” – Jesus Christus. Selfs toe hy deur sy medegelowiges in die tronk en in die steek gelaat is; “die Here het my egter ondersteun en my versterk” getuig Paulus (2 Timoteus 4:17 AFR20).

Toe Jesus sy naderende lyding en dood in die gesig gestaar het, was Hy diep ontsteld. Omdat Hy die Seun van God is, kon Hy die Vader se toorn beswaarlik verduur! In sy angs het Hy gebid. Toe stuur God 'n engel uit die hemel om Hom te versterk.

Dus, as Jesus Christus nie in sy eie krag kon volhard nie, hoef ons nie eers te probeer nie. Gee al jou bekommernisse en probleme aan God. Hy sal jou versterk.

读经计划介绍

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

More