Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Jy is volkome oorwinnaar ten spyte van jou ellende en benoudheid
“Wat sal ons van die liefde van Christus skei? Swaarkry of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Soos daar geskryf staan: “Ter wille van U word ons die hele tyd aan die dood uitgelewer, word ons as slagskape beskou.” Maar in dit alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het” (Romeine 8:35-37 AFR20).
As jy 'n kind van God is, gered deur Jesus se bloed, kan niks jou van sy liefde skei nie. Nie dood of lewe nie, ook nie teenwoordige of toekomstige dinge nie ─ absoluut niks.
Verdrukking, benoudheid en vervolging is nie 'n oorsaak of bewys dat God se liefde vir ons afneem nie. Ander mense kan in sulke omstandighede van ons wegdraai, soos Paulus ervaar het toe hy ter wille van Jesus gevange geneem was. Die Here sal egter nie van ons wegdraai nie. Hy hou nooit op om ons lief te hê nie.
Aangesien jy aan Jesus verbind is, deel jy in sy oorwinning oor die dood, oor die Satan en oor alles anders. Jy het die oorwinning te midde van die stryd. Al word jy dalk vir jou geloof vermoor, is jy "meer as 'n oorwinnaar". Eintlik het Christus sy vyande op presies dieselfde manier oorwin ─ deur aan die kruis te sterf! Deur sy dood is jou skulde vergewe. Daarom het die Satan geen aanspraak meer op jou nie. Jy kan hom oorwin deur die bloed van die Lam, Jesus (sien Openbaring 12:9-11). Dus, as jy aan God se kant is, is jy in die wenspan, selfs wanneer jy verdrukking in die gesig staar.
As jy uitgeput en oorweldig voel, lees Romeine 8. Rig jou oë op Jesus, jou seëvierende Koning!
Jy het nou hierdie leesplan voltooi. As jy meer wil leer oor God se koninkryk op aarde en Jesus se finale oorwinning, teken asseblief in op ons e-kursus.
读经计划介绍

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
More