Hoe om swaarkry en lyding te hanteer预览

Verskillende soorte lyding en beproewing
“Want selfs nadat ons in Macedonië gekom het, het ons liggaamlik geen rus gehad nie, en het ons van alle kante verdrukking ervaar – van buite aanslae, en van binne angs” (2 Korinthiërs 7:5 AFR20)
Paulus het baie moeilikheid ervaar toe hy die evangelie gedeel het. Sommige van sy ontberinge het met sy reise te doen gehad: drie keer skipbreuk ly, op see gedryf, in gevaar van riviere en rowers ... selfs meer lyding is veroorsaak deur mense wat sy werk teëgestaan het: hy is gestenig, baie kere geslaan, gevange geneem. Hierdie indrukwekkende lys uit 2 Korintiërs 11:23-27 gaan alles oor “uiterlike” beproewings. Dit is veroorsaak deur Paulus se vyande of deur moeilike omstandighede. Maar in vers 28 voeg hy nog een ding by: “En afgesien van nog ander ongenoemde dinge, is daar daaglikse druk op my – my kommer oor al die gemeentes.” Dit is 'n "interne stryd". In 2 Korintiërs 7:5 praat hy ook van “konflikte aan die buitekant, vrese binne.”
Sommige gelowiges sal nooit vir hulle geloof vervolg word nie. Maar hulle kan "vrese binne" ervaar. Satan wil hulle blydskap en vertroue in die Here wegneem. Hy probeer hulle angstig en bekommerd maak – oor 'n pandemie wat woed, oor die groeiende opposisie teen God in die samelewing, oor hul geliefdes of mede-Christene wat deur moeilike tye gaan. Daar is soveel om oor bekommerd te wees!
Word jy geteister deur eksterne of interne aanvalle?
读经计划介绍

Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
More