DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

Bloed verander ons skande in ‘n getuienis van genade
As ‘n prostituut in Jerigo, was Ragab uitgesluit, geminag en vermy. Tog het sy, deur haar geloof in die God van Israel, ‘n nuwe toekoms verkry. Sy was nie net gered van Jerigo se verwoesting nie, maar het ook ‘n plek in die geslagsregister van Jesus Christus ontvang.
Met die verloop van tyd het sy met Salmon, ‘n Israelitiese man, getrou en saam het hulle ‘n seun, Boas, gehad. Boas het later met Rut, die Moabitiese vrou, getrou en hulle seun Obed was die oupa van koning Dawid.
Ragab het dus nie net ‘n ‘n kind van God weens haar betrokkenheid by die val van Jerigo geword nie, maar het ook ‘n beduidende rol in die groter verhaal van God se verlossing van die mensdom gespeel. Wat ‘n voorbeeld van God se genade!
Ons almal dra soms die letsels van ons foute, mislukkings en sondes. Die vyand probeer hieraan gebonde hou in gevangenisskap maar Jesus Christus bedek met genade daardie skandvlek en verander dit in ‘n getuienis. Ragab se geloof het haar identiteit verander – van prostituut tot erfgenaam van die belofte:
“So het Josua die prostituut Ragab en haar familie wat saam met haar in die huis was, laat bly leef. Sy het haar tussen die Israeliete gevestig tot vandag toe. Sy het die mans wat Josua gestuur het om Jerigo te gaan verken, weggesteek” (Josua 6:25, NLV).
Net soos Ragab, kan ons deur ons geloof in Christus ook vrykom van ons verlede. God skenk ons nie net vergifnis nie, maar roep ons ook op tot ‘n hoër roeping en doel, hoe gebroke ons storie ook al mag wees.
Identifiseer een plek in jou lewe waar jy steeds skande of skuld ervaar. Skryf dit neer en bid daaroor met volle vertroue dat God jou kan heelmaak. Deel jou storie met iemand wat bemoediging nodig het. Jou getuienis van genade kan iemand anders hoop gee.
Gebed
Here, ek dank U dat u genade my skande bedek. Help my met my gebroke verlede. Ek vertrou op U om my ‘n nuwe toekoms te gee. Help my om deur geloof in U te wandel en gebruik my om ander aan te raak. Dankie dat ek ‘n erfgenaam van u beloftes is. Amen.
读经计划介绍

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More