DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

Weggesteek onder vlashalms
Die koning van Jerigo het te hore gekom dat daar in die nag twee Israelitiese verspieders by Ragab se herberg aangekom het om die stad te verken. Hy het daarop aangedring dat Ragab hulle uitlewer, maar Ragab het ‘n leuen opgedis dat hulle alreeds vertrek het voordat die stad se poorte gesluit was. Sy het egter die verspieders op haar huis se dak versteek:
“Sy het die mans op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlashalms wat sy daar oopgegooi het” (Josua 2:6, NLV).
Ragab se daad om die verspieders van Israel weg te steek, is ‘n kragtige beeld van beskerming en voorsiening. Haar aksie, om hulle onder die vlashalms te bedek, wys vooruit na die wyse waarop Jesus Christus gelowiges van hulle sondes teen die oordeel van God beskerm.
Net soos die verspieders veilig onder die bedekking van die vlashalms was, is ons, as gelowiges, veilig onder die bedekking van Christus se genade. Hy het deur sy dood aan die kruis ons sonde op Hom geneem en ons met God versoen.
Deur sy offer is ons nie net vergewe nie, maar ook beskerm teen die ewige oordeel wat die wêreld gaan tref: “Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (1 Johannes 3:17, AOV).
Hierdie beskerming is nie uit verdienste nie, maar uit genade. Net soos Ragab in geloof opgetree en deel van God se groter plan geword het, word ons uitgenooi om Christus se genade te aanvaar en op Hom te vertrou vir beskerming en redding.
Dink aan jou eie lewe: Het jy al die beskerming van Christus aanvaar? Het jy Hom toegelaat om jou met sy genade te bedek? Wanneer jy aan Christus behoort, is jy veilig teen die gevolge van sonde en die oordeel van God.
Soos Ragab in geloof opgetree het, word ons ook geroep om in geloof op Christus te vertrou vir ons redding en om in gehoorsaamheid te leef.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U my beskerm en met u genade bedek. Dankie dat U die straf wat ek verdien het op U geneem het, sodat ek veilig kan wees in U. Bedek my met u genade en lei my om u wil te soek en te doen. Amen.
读经计划介绍

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More