Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?预览

Is jy seker dat jy vervul is met die Heilige Gees?
In Lukas 11 verduidelik Jesus hoe ’n pa vir sy kinders net die allerbeste sal gee. ’n Pa sal nie sy kind ignoreer of vir hom ’n slang gee as hy ’n vis vra nie. Hy sal ook nie ’n klip gee as hy brood vra nie. Net so sal God ook vir seker vir ons die volheid van die Heilige Gees gee as ons vra. Ons moenie twyfel aan God se goedheid en betroubaarheid nie.
Jesus het ons gekies om 'n vrugbare lewe vir God te leef. Ons kan God met vrymoedigheid vra om ons hiermee te help en Hy sal dit doen (Johannes 15:16 DB). Ons weet God belowe om vir ons te gee wat ons vra as ons volgens sy wil vra. Dit is God se wil dat ons Geesvervuld moet wees. Hy gee selfs opdrag dat ons die Gees moet toelaat om ons te vervul en te beheer. Daarom mag ons nie twyfel of die Gees ons werklik sal vervul as ons God daarvoor vra nie.
Dit beteken prakties dat as ons gebid het vir die volheid van die Heilige Gees, ons in die volgende sin vir God kan dankie sê daarvoor. Ons moet daarom nie sit en wag vir ’n gevoel of ‘n manifestasie voordat ons glo dat God ons met sy Gees kom vul het nie. Ons moet leer om God op sy woord te neem en te glo dat Hy hoor as ons bid. Ons moenie sit en wag om eers ’n bewys te sien voordat ons glo nie. Die bewyse en vrug van die Heilige Gees sal mettertyd verskyn.
Dankie, o Vader, dat ek weet U hoor my as ek bid. Dankie, Heilige Gees, dat U my nou vervul en dat ek weet U het die beheer van my lewe oorgeneem omdat ek dit vra volgens u wil. Amen.
读经计划介绍

Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
More