Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?预览

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

7天中的第3天

Die Heilige Gees rus ons toe vir ons bediening

Jesus se doop was nie ’n sonde-afwassing nie, maar eerder ’n bevestiging van sy roeping en bediening op aarde. Dit kan vergelyk word met die priesters vanuit die stam van Levi wat voltyds priesterlike diens moes verrig. Johannes die Doper was juis uit die geslag van Aäron, die Leviete. Deur die waterdoop en salwing het Johannes vir Jesus tot voltydse geestelike bediening afgesonder.

Die hemele het by hierdie besonderse geleentheid aan die begin van Jesus se voltydse bediening van drie jaar hier op aarde oopgegaan en Hy is toegerus vir sy taak. Die Heilige Gees het in die gestalte van ‘n duif vir Hom kom bekragtig om sy bediening tot eer van God te volbring.

Dit is opmerklik dat God Hom juis by hierdie geleentheid as die drie-enige God geopenbaar het. Die Vader het vanuit die hemel sy welbehae uitgespreek oor sy Seun Jesus Christus en toe het die Heilige Gees in die vorm van ’n duif op Jesus neergedaal. Met hierdie bekragtiging deur die Heilige Gees is Jesus toegerus en het die stryd van die lig teen die duisternis begin. Na hierdie salwing en toerusting van die Heilige Gees het Jesus mense begin oproep om hulle te bekeer (Matteus 4:17).

Die Heilige Gees word as ’n duif uitgebeeld. Die duif leer vir ons dat die Heilige Gees in sy sensitiwiteit, reinheid en heiligheid vanuit die hemel oor ons neerdaal om ons vir ons taak hier op aarde te bekragtig en om vir ons vrede te gee.

Heilige Gees, daal soos 'n duif op my neer en vul my met u volheid sodat ek u vrede in my hart sal hê en deur u krag toegerus sal wees om uit te reik na ander om my bediening te volbring. Amen.

读经计划介绍

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

More