Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?预览

Laat die Heilige Gees toe om jou te beheer
Om Geesvervuld te wees is nie opsioneel of iets wat net vir sekere Christene geld nie. Efesiërs 5:18 maak dit duidelik dat dit ‘n opdrag is. Ons moet ook besef dat as ’n mens ongehoorsaam is aan ’n opdrag van God die Bybel dit sonde noem. As ons nie Geesvervuld is nie, mis ons God se doel met ons lewe.
Ons moet ook onthou dat ons ou natuur ons voortdurend sal wil laat sondig en onttrek van God. Indien ons sonde sou toelaat om beheer te neem, bedroef ons die Heilige Gees (Efesiërs 4:30). Selfs Christene kan soos die gelowiges in Tessalonika die Gees weerstaan en sy werking in mense se lewe en in die gemeente verhinder. Daarom waarsku Paulus daardie gelowiges om nie die Heilige Gees teen te staan of te verhinder om te werk nie (1 Tessalonisense 5:19).
Paulus waarsku ook die gelowiges in die gemeente van Korinte om nie weer hulle ou sondige natuur toe te laat om beheer te neem nie. Hulle moet lewe onder beheer van die Heilige Gees en moet daarom telkens die ou natuur kruisig (1 Korintiërs 3:1-3).
Hierdie tekste bevestig hoekom ons ’n opdrag van God nodig het om ons Geesvervuld te laat bly. As ons ’n spesifieke opdrag het, moet ons ook weet dat ons ’n definitiewe keuse moet maak. Daarom moet ons seker wees dat ons die Gees van God gevra het om ons lewe te vervul.
Heilige Gees, ek is gehoorsaam aan God se opdrag en vra dat U my lewe moet kom vervul. Ek kies dat U van nou af die volle beheer van my lewe moet oorneem. Amen.
读经计划介绍

Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
More