Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?预览

Die Heilige Gees bring lig
Johannes die Doper het mense met water, wat die simbool van sonde-afwassing en reiniging was, gedoop. Jesus het ná hom gekom en mense met die Heilige Gees, wat soos 'n vuur van binne af skoonmaak, gedoop (Matteus 3:11 DB).
Op Pinksterdag is die Heilige Gees uitgestort om die dissipels te kom help. Jesus, wat op die troon aan die regterhand van die Vader gaan sit het, het vanaf die hemeltroon sy volgelinge met die Heilige Gees gedoop. Die Heilige Gees het in die gestalte van vuurvlamme op hulle neergedaal en hulle lewens met ‘n Goddelike liefde aan die brand gesteek.
Hulle lewe was ná hierdie aanraking en vervulling nooit weer dieselfde nie. Almal rondom hulle het gesien en gehoor dat daar ’n groot verandering in hulle lewe gekom het. Hulle lewe het daadwerklik vrugte wat by die bekering pas, begin dra.
Vuur is ’n teken van lig wat duisternis verdryf. Die Heilige Gees het Christene se lewens aan die brand kom steek sodat hulle skynende lampe vir God geword het. Waar daar duisternis was, het daar nou lig gekom. Die lig in die Christene se lewe het uitgekring en ander mense ook aan die brand gesteek. Van Jerusalem af het ’n veldbrand versprei wat die hele bekende wêreld van destyds geestelik aan die brand gesteek het.
Vuur is ook die teken van reiniging, suiwering en loutering. God se vuurvlam louter ons soos goud sodat al die vuil en onreinheid deur die hitte van die vuur gesmelt en verwyder word. Die Heilige Gees verwyder alle onreinheid en sonde uit ons lewens.
Here Jesus, doop my met u Heilige Gees en met vuur sodat ek ’n helder lig sal wees wat al hoër brand en u lig in hierdie donker wêreld laat skyn. Amen.
读经计划介绍

Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
More