Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?预览

Geesvervulling is nie 'n eenmalige ervaring nie
As ’n mens na Petrus se lewe kyk, lyk dit asof hy meer as een ervaring van Geesvervulling gehad het. Hy is geseën met Geesvervulling die dag toe Christus hom kom roep het en hy besluit het om die visserskuite en nette te los en Jesus te volg. Tog sien ons daarna in Petrus se lewe ’n kragteloosheid waar hy Jesus drie maal verloën (Matteus 26:69 - 70). Ná die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag ervaar hy ‘n tweede seën in sy geestelike lewe toe hy sy roeping begin uitleef deur 'n kragtige toespraak met vrymoedigheid te maak waarna 3 000 mense tot bekering kom (Handelinge 2: 14 - 36).
Ons kan egter nie vir God voorskryf nie. Elke Christen het sy eie geestelike geskiedenis. God is met elke mens op pad en daarom behoort elke gelowige nog meer as ’n tweede en derde geestelike ervaring te hê. God is besig om ons te lei op ’n pad van groei en verdieping. Daarom sal ons in die mate waarin ons die Heilige Gees toelaat in ons lewe telkens ‘n nuwe ervaring van God belewe.
Petrus het selfs ná die uitstorting van die Heilige Gees in sy verweer voor die Joodse Raad ‘n nuwe bekragtiging van die Gees beleef (Handelinge 4:8). Hy het ook later ‘n verdere verdieping en ervaring van die Gees belewe nadat hy uit die tronk bevry is (Handelinge 4:31).
’n Gelowige kan maklik in sonde terugval en sy ou natuur toelaat om oor te neem. As ’n mens uit hierdie sondige situasie terugkom na die Here en jou opnuut aan Hom oorgee, sal jy ’n nuwe vervulling met die Heilige Gees belewe.
Gees van God, wys my as ek afdwaal en vervul my weer. Neem opnuut die beheer van my lewe oor. Amen.
读经计划介绍

Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
More