Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?预览

Die Heilige Gees wil ons vervul
Paulus gee ons in Efesiërs 5:18 die opdrag om met die Heilige Gees vervul te word. Hy gebruik die beeld van iemand wat onder die invloed van alkohol is om te verduidelik wat vervulling met die Heilige Gees behels.
Mense wat onder die invloed van alkohol is se lewe en optrede verander. Diegene wat byvoorbeeld gewoonlik skaam en teruggetrokke is sal dan vrymoedigheid hê om mense trompop te loop, onbeskaamd met hulle praat en hulle standpunte stel. Sulke persone verloor hulle inhibisies en gee vir almal drukkies. Hulle wil almal se vriend wees. Soms begin hulle uitbundig sing en dans. Alkohol maak party mense so vrygewig dat hulle vir almal drankies koop.
Die opdrag in die Bybel is dat ons nie onder die invloed van alkohol moet kom nie, maar onder die invloed en beheer van die Heilige Gees. Die Gees van God moet die beheer oorneem van ons gedagtes, besluite, woorde, dade, vergewensgesindheid, vrygewigheid, gasvryheid en al ons verhoudings. God die Heilige Gees moet die beheer kry van my werk, studies, begeertes, die versorging van my liggaam en elke faset van my lewe.
Om vervul te wees met die Heilige Gees beteken dat Christus die beheer neem van my ontspanningslewe, geldsake, gesinsverhoudings, liefdeslewe, sosiale lewe, politieke sienings, kerklike betrokkenheid en die uitleef van my godsdiens.
Heilige Gees, kom neem volle beheer van my lewe. Kom vervul my en maak met my net soos U wil. Amen.
读经计划介绍

Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
More