Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?预览

Die Heilige Gees bring verandering
Jesus het by geleentheid verduidelik dat ’n mens slegs in die hemel kan kom as jy opnuut gebore word (Johannes 3:3). Daarmee het Hy verwys na die Heilige Gees wat op ’n wonderbare en geheimsinnige wyse in ’n mens se lewe werk. Hy het die beeld gebruik van ’n wind wat waai. Jy kan nie die wind sien nie, maar wel sy uitwerking belewe.
Die Heilige Gees is soos die wind wat waai en op ’n onsigbare en onverklaarbare wyse in mense se harte werk. As God se wind in ’n mens se lewe waai, begin jy verander.
Toe die Heilige Gees op Pinksterdag gekom het, was Jesus se volgelinge biddend bymekaar. Mense wat buite die vertrek was het die geluid van die wind gehoor en nuuskierig nadergekom. Die geluid van die wind was die aanduiding dat die Heilige Gees gekom het. Almal in die vertrek is met die Heilige Gees vervul. God se asem het op ’n nuwe manier in hulle binneste ingekom; Hy het oor hulle geblaas. Elkeen wat daar was, is met die wind van God vervul en die asem van Jesus het nuwe lewe in hulle verwek.
Hulle het meteens verstaan wat gebeur het toe Jesus kort tevore aan hulle verskyn en oor hulle geblaas het. Hy het gesê het dat hulle die Heilige Gees moet ontvang.
Ken jy hierdie wind van God? Ervaar jy sy kragtige werking? Al sien jy nie die wind van God nie, beleef jy hoe die Gees van God in jou is en deur jou werk?
Kom Heilige Gees, wind van God, kom vul my en waai deur my. Amen.
读经计划介绍

Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
More