Blywende Hoop预览

Blywende Hoop

43天中的第15天

Oordenkingsvrae:

1. Hoop is die vertroue om op God te wag wanneer ons nie die toekoms kan sien nie. Wat wag jy vir God om te doen in hierdie tydperk van jou lewe?

2. Ons hoop moet gewortel wees in die karakter van God. Lys 'n paar aspekte van God se karakter en hoekom dit jou hoop gee.

3. Het jy al ooit soos Naomi gevoel, oortuig van die goedheid van God vir ander, maar nie vir jouself nie? Is dit vir jou moeiliker om op die goedheid van God of die vermoë van God te vertrou? Hoekom?

4. Wat het God al in jou lewe gedoen wat jou sy goedheid en getrouheid gewys het? Hoe gee dit jou aanmoediging vir wat jy vandag in die gesig staar?

5. Aan watter beloftes van God kan jy vashou wanneer jy jou hoop op sy karakter probeer stel?

读经计划介绍

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More