Blywende Hoop预览

Troos in Moeilike Tye
Lees: Psalm 119:49–64
SOAP: Psalm 119:49–50
Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.
Oordenking
Hoop bring troos in moeilike tye. God se beloftes gee ons nuwe krag om aan te hou volhard en op God te wag. Die psalmdigter put nuwe krag uit God se beloftes sodat hy in gehoorsaamheid kan bly wandel en God se opdragte uitvoer. Hy beskryf die vreugde wat hy ervaar as hy God se opdragte gehoorsaam en hoe hy deur God se wet vertroos word.
Wanneer ons glo dat God is wie Hy sê Hy is, wil ons sy opdragte volg. Wanneer ons God se karakter verstaan, is ons meer gewillig om te doen wat Hy sê; ons gehoorsaam sy bevele omdat ons besef dat ons, deur dit te doen die lewe vind.
God is heilig. Net soos God se liefde, goedheid en getrouheid, is God se heiligheid ook die grondslag van ons hoop. Omdat God heilig is, veroorsaak ons sonde skeiding tussen Hom en ons. In sy liefde het God egter sy Seun gestuur om die prys van ons sondes te betaal sodat ons voor Hom regverdig kan wees. Ons word volkome vergewe wanneer ons in Jesus glo. Ons ontvang die ewige lewe en sal vir ewig saam met Hom wees as gevolg van wat Jesus gedoen het om ons met die Vader te versoen.
Hoop op God se heiligheid noodsaak ons om sy bevele te gehoorsaam en in sy weë te wandel. Hoe meer ons sy opdragte uitvoer, hoe beter leer ons Hom ken. Hoe beter ons Hom en sy beloftes ken, hoe meer vertrou ons Hom. Ons weet sy beloftes is waar omdat Hy heilig is. Hy kan nie leuens vertel nie. Sy heiligheid vertroos ons, gee ons nuwe krag en die vertroue om op Hom te wag wanneer die toekoms vir ons onbekend is.
Ons hoop berus op wie God is. Elke aspek van God se karakter — sy liefde, getrouheid, waarheid, goedheid, mag en heiligheid — gee ons hoop vir die toekoms. Hoop op Hom lei ons tot gehoorsaamheid en laat ons geloof toeneem. Wanneer ons hoop op God se karakter is, sal ons sy opdragte wil uitvoer omdat ons oortuig is dat daar niks beters is as om saam met Hom te wandel nie.
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More