Blywende Hoop预览

Blywende Hoop

43天中的第17天

Hoop Anderkant die Lewe

Lees: 1 Korintiërs 15:1–28

SOAP: 1 Korintiërs 15:16–19

As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore.As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

Oordenking

In sy brief aan die gemeente in Korinte het Paulus die betekenis van die opstanding van Christus verduidelik. Paulus het die boodskap van die evangelie herhaal: dat Christus vir ons sondes gesterf het, begrawe is en toe op die derde dag opgewek is en aan baie mense verskyn het. Sy verskynings na die opstanding was betekenisvol omdat dit aan die vroeë kerk ooggetuie bewys gelewer het dat Jesus waarlik uit die dood opgestaan het soos Hy gesê het Hy sou.

Hierdie opstanding is die grondslag van ons Christelike geloof. Sonder die opstanding van Christus het ons niks om op te hoop nie. Paulus het verduidelik dat as Christus nie uit die dood opgewek is nie, daar geen opstanding vir ons is nadat ons gesterf het nie. Paulus het selfs so ver gegaan om te sê dat as ons net in hierdie lewe hoop op Christus het en nie in die ewigheid nie, dan moet ons meer bejammer word as diegene wat geen hoop het nie.

Die basis van ons hoop in Christus is wat Hy aan die kruis gedoen het en wat Hy belowe het om in ewigheid te doen. As ons hoop nie verder gaan as die dood nie, dan het ons geen hoop nie. Ons hoop is onfeilbaar, want dit is ewig veilig: Christus het belowe om ons liggame op te hef tot nimmereindigende lewe. As daar geen opstanding is nie, het ons niks om op te hoop nie. As daar geen ewigheid by Christus is nie, dan is daar geen doel of betekenis met ons lewens nie.

Ons stel ons hoop in wat werklik en blywend is, want enigiets anders is waardeloos. Ons hoop is vandag in 'n verhouding met God en ook in die feit dat ons eendag in ewigheid by Christus sal wees. Dit is wat werklik en blywend is en dit is die hoop wat ons vreugde en lewe gee. Ons hoop is gegrond in God se belofte. Ons kan in volle vertroue van ‘n ewigheid saam met Christus lewe, want Hy is die een wat die toekoms hou.

读经计划介绍

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More