Blywende Hoop预览

Memoriseervers:
Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie. Dit is die evangelie wat aan al die mense op die aarde verkondig is en waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.
Kolossense 1:21-23
Uitdaging vir die week:
Hoop is ‘n anker vir ons siele as gevolg van wie ons hoop in is. Bestee hierdie week tyd om een van die evangelies te lees en skryf neer hoe Jesus sy beloftes nagekom het terwyl Hy op aarde was. Hoe gee dit jou die vertroue dat Hy sy belofte om eendag terug te keer, sal nakom?
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More