Blywende Hoop预览

Blywende Hoop

43天中的第19天

Die Doel van Geloof

Lees: 1 Petrus 1:3–9

SOAP: 1 Petrus 1:8–9

Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap.

Oordenking

Ons hoop is gegrond in die liefde van God en die werk van Christus. Sonder die opstanding en die belofte van ‘n ewigheid saam met Hom, het ons niks om op te hoop nie. Maar ons het 'n lewende hoop, een wat nie kan vergaan, bederf of vervaag nie, want dit is gebaseer op die liefde van God.

Jesus het belowe om terug te keer en om alle dinge te verlos en te herstel. Hy het belowe dat wanneer Hy wel terugkeer, almal wat hulle geloof in Hom geplaas het, verlossing sal ontvang. Dit is die doel van ons geloof: verlossing. Maar dit is nie 'n doel waarvoor ons moet werk om te bereik nie. Christus het reeds al die werk gedoen wat nodig is vir ons om verlossing te ontvang. Die werk is klaar gedoen!

Tog, terwyl ons wag om die volheid van ons verlossing in die ewigheid te ontvang, ervaar ons lyding. Die wêreld is gebroke en ons voel elke dag die gewig daarvan. Maar nogtans kan ons met vreugde vervul word.

As ons weet en glo dat Christus uit die dood opgewek is, het ons 'n erfdeel in die hemel. Ons het die vertroue om te wag vir die grootste, beste geskenk: die redding van ons siele. Wat 'n vreugde is dit tog om te weet dat God bereid is om vir ons alles goed te gee. Al verdien ons dit nie, het Hy vir ons absoluut alles in verlossing gegee.

Ons hoop is nie gebaseer op ons omstandighede nie. Dit is gebaseer op die werk van Christus. Dit is gebaseer op die waarheid dat Hy uit die dood opgewek is. En dit is gebaseer op sy belofte om terug te keer en alle dinge te herstel.

Al kan ons vandag nie die voorwerp van ons geloof sien nie, kan ons steeds vreugde hê. Geloof en hoop bring vir ons onverwelklike vreugde, en herinner ons daaraan dat ons God altyd sy beloftes nakom.

读经计划介绍

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More