Blywende Hoop预览

Versekerde Verwagting
Lees: Titus 3:3–8
SOAP: Titus 3:7
So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.
Oordenking
Ons was almal eens vyande van God. Ons het sy opdragte verontagsaam, sy wysheid geïgnoreer en mekaar gehaat. Ons was hooploos sonder God en hooploos om ooit gered te word. God het ons egter nie daar laat bly nie.
Ons God is vriendelik. Hy is liefdevol. Hy is genadig. Hy het sy goedhartigheid, liefde en genade oor ons uitgestort toe ons nog sy vyande was. In plaas daarvan om ons in die duisternis te laat bly, het Hy ons gered en ‘n nuwe lewe gegee.
Ons het niks gedoen om die goedheid van God te verdien nie. Ons kon onmoontlik vergoeding vir ons sondes op ons eie regkry. Ons het teen God gesondig, maar sy barmhartigheid is oor ons uitgestort; Hy het niks teruggehou nie. Hy het ons ten volle en volkome geregverdig. Ons is ten volle vergewe van sonde, volkome vry van die straf van die dood.
Omdat ons geregverdig is, ontvang ons 'n ewige erfenis. Christus het voor ons uitgegaan om vir ons 'n plek in die hemel voor te berei. Hy het ons verwelkom as erfgename, as ontvangers van al die beloftes van God. Ons het 'n versekerde verwagting van die ewige lewe.
Dit maak nie saak wat ons gedoen het, of hoe ons van God weggevlug het nie, Hy het 'n weg gevind vir ons om geregverdig te word. Sy barmhartigheid, vriendelikheid en liefde word deur Christus op ons uitgestort. Ons is ten volle geregverdig vanweë sy genade. Ons verlossing is nie op onsself gebaseer nie. Wat 'n ongelooflike troos! Ons kan die versekerde verwagting van die ewige lewe hê, want Jesus het reeds die werk gedoen wat nodig is om ons verlossing en die ewige lewe saam met Hom te waarborg.
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More