Blywende Hoop预览

Blywende Hoop

43天中的第13天

Onthou, Bestudeer, Verkondig

Lees: Psalm 136

SOAP: Psalm 136:23–26

Hy het aan ons gedink in ons vernedering

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

en ons uit die mag van ons teëstanders bevry.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Hy gee voedsel aan al wat lewe.

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Loof die God van die hemel!

Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Oordenking

Ons hoop word konstant getoets, beide deur die vyand en deur God. Die vyand sal ons hoop toets deur vir ons leuens te vertel. As hy daarin kan slaag om ons te laat glo dat die wêreld ons gelukkig gaan maak, sal hy alles in sy vermoë doen om ons sover te kry om ons hoop te vestig op wat die wêreld bied. Want as ons hoop op enigiets anders as God gevestig is, sal dit nie standhou nie. Wanneer ons besef dat alles waarop ons ons hoop vestig, misluk, mag ons moed opgee en glo dat enige hoop hoegenaamd nutteloos is.

Daarenteen, wanneer God ons hoop toets, bied Hy ons geleenthede om te groei. Hy is geduldig met ons en help ons wanneer ons misluk. God ken ons geneigdheid om voor vrees te swig of ons hoop op iets anders as op Hom te vestig. Daarom het Hy ons sy Woord, sy Heilige Gees en ‘n Christen-gemeenskap gegee om ons te help om aan te hou hoop.

Hoop is die vertroue om op God te wag wanneer ons nie die toekoms kan sien nie. Hoop moedig ons aan om te wag op God se wysheid en dat God optree. Dit vra egter oefening en dissipline om sulke hoop te ontwikkel. Ons moet God se karakter ken en daarvan oortuig wees as ons wil hê dat ons hoop in Hom geanker sal bly.

Psalm 136 wys ons hoe om hoop te beoefen. Eerstens onthou ons sy dade. Ons onthou wat God gedoen het want dit herinner ons aan wat God kan en wil doen. As ons sy getrouheid in die verlede onthou, gee dit ons vertroue in sy getrouheid in die toekoms. Vervolgens bestudeer ons sy karakter. Ons bestudeer die Woord van God om uit te vind wie God is. Die psalmdigter dink terug aan God se getroue optrede met sy volk in die verlede en ontdek sodoende wie God is.Ten slotte verkondig ons sy goedheid. Ongeag of ons tydperke van verlies of oorvloed beleef, ons kan God se goedheid verkondig. Wanneer ons sy karakter proklameer, verhoog dit ons vertroue in wie Hy is en wys ons vir diegene om ons hoe dit lyk om in geloof te leef.

Dit is hoe ons ons hoop beoefen: onthou sy dade, bestudeer sy karakter en proklameer sy goedheid. Sodoende sal Hy ons vertroue laat toeneem terwyl ons op Hom wag vir goeie dinge

读经计划介绍

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

More