Blywende Hoop预览

Die Goedheid van God
Lees: Rut 1; 4:14–22; Matteus 7:7–11
SOAP: Matteus 7:11
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
Oordenking
Ons dien 'n goeie God. Hy verander nooit nie. Soms neem die lewe egter 'n ander wending as waarop ons gehoop het. Hoe bring ons in sulke tye ons probleme en God se goedheid by mekaar uit? Hoe weet ons dat Hy regtig vir ons omgee wanneer ons voel asof niks wat met ons gebeur hoegenaamd goed kan wees nie?
Naomi het ongelooflike verlies ervaar. Sy het geweet wie God is, sy was oortuig van sy karakter — dat Hy soewerein, altyd teenwoordig en goed is — maar sy het ophou glo dat Hy vir haar goed was. Sy het haar man, haar seuns, haar huis en een van haar skoondogters verloor. Sy moes met niks, totaal verneder, na haar mense toe teruggaan. Sy het beplan om alleen terug te keer, maar Rut het verseg om haar te verlaat. Nou moes sy 'n plan maak weg om vir hulle albei te sorg. Hoe kon God enigsins vir haar goed wees en aan haar goeie gawes gee as dit haar situasie was?
Naomi (net soos enigeen van ons) het verbitter geraak oor die enorme verlies wat sy ervaar het. Ek wonder hoeveel van ons het in 'n tydperk van verlies of smart ons geloof in God se goedheid verloor. Dit gebeur baie maklik. God het egter altyd 'n plan vir ons beswil. Hy is altyd aan die werk. Nadat die skrywer van die boek Rut Naomi se woorde opgeteken het, het hy 'n voorafskuduwing van die daaropvolgende gebeure gee, en daarmee aangedui dat God nog nie klaar was met haar verhaal nie.
God is ook nog nie klaar met jou verhaal nie. Ons weet hoe Naomi se verhaal eindig — dat die skoondogter wat by haar gebly het, beter as sewe seuns geblyk het te wees — maar ons weet nie hoe ons verhale gaan eindig nie. Ons mag dalk eers in die ewigheid sien dat ons verlies 'n goeie gawe was. Maar jy kan hiervan seker wees: Jou God is steeds goed.
Of jy oorstelp is deur bitterheid of vreugde, God se goedheid verander nooit. God vra nie dat jy moet glo dat Hy goed is sodat Hy goed kan wees nie. Hy het egter spesiale genade en hulp beloof aan diegene wat Hom aanroep en Hom vertrou. Hy sal ons te midde van die moeilike tye met vrede vervul as ons in sy goedheid rus.
读经计划介绍

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige liefde ontdek wat ons deur tydperke van swaarkry lei en versterk. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.
More