Vandag Se Vers预览

Vandag Se Vers

10天中的第4天

Handelinge 1:8

"maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees …"

  • Ons is bestem om ‘n weerspieëling van Christus vir diegene om ons te wees. 
  • Ons moet sy liefde en barmhartigheid in ons invloedsfeer weerspieël. 
  • Jy kan ‘n verskil maak en jy kan ‘n seën wees. 
  • Die Heilige Gees sal jou die krag gee om ‘n getuie vir die Here te wees.

Gebed: Vader, mag my lewe ‘n bron van hoop en seën vir ander wees terwyl ek u lig in die donker uithoeke van hierdie wêreld laat skyn. Mag my lewe ‘n verskil maak en baie ander na U toe lei, omdat hulle U in my kan sien. In die Naam van Jesus. Amen.

读经计划介绍

Vandag Se Vers

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More