Vandag Se Vers预览

Psalm 118:28
"U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog."
- Dit is ‘n vreugde om oor God te kan praat as "MY GOD!"
- Kan jy met jou hele hart sê dat Hy jou God is?
- Laat ons weer ons harte oopmaak en Hom opnuut op ‘n persoonlike vlak ontvang.
- Dan sal ons waarlik God ons Verlosser kan vier en in Hom verheug wees.
Gebed: Vader, weereens stel ek my geloof en hoop op U, my Here en my God. Ek maak my hart en lewe oop om U in al u glorie en mag te ontvang. Ek vier die feit dat U MY God is. In die Naam van Jesus. Amen.
读经计划介绍

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More