Vandag Se Vers预览

Psalm 93:4
"Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte!"
- Die Here regeer en Hy is in beheer van alle dinge.
- As ons rondkyk, kan dit lyk asof dinge buite beheer is.
- Maar wanneer ons ons aandag op Hom vestig, sal ons weet dat alles in orde is.
- Bo al die geraas en drama is die Here daar, magtiger as alles!
Gebed: Vader, ek wil my aandag bo die probleme en dinge hef, en ek wil my aandag op U vestig. U is magtiger as al hierdie dinge om my, dus sal ek vertroue hê. In die Naam van Jesus. Amen.
圣经
读经计划介绍

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More