Vandag Se Vers预览

Vandag Se Vers

10天中的第6天

Romeine 4:20

"En hy (Abraham) het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee."

  • Ons moet nooit toelaat dat twyfel en ongeloof ons van ons vertroue in God, beroof nie. 
  • Twyfel en ongeloof sal ons laat struikel en val. 
  • God se belofte aan Abraham was groot en skynbaar onmoontlik. 
  • Abraham het deur geloof vasgehou omdat hy geweet het hoe groot en getrou God is.

Gebed: Vader, vandag kies ek om myself te herinner aan hoe groot en getrou U is. Ek kies geloof bo vrees en ek kies om te glo eerder as om te twyfel. Ek herinner myself daaraan hoe groot my God is en hoe U my kan help met my probleme en uitdagings. In die Naam van Jesus. Amen.

读经计划介绍

Vandag Se Vers

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More