Vandag Se Vers预览

Handelinge 27:23-24
"Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En Hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus …"
- Ja, die engele van God kan hul weg vind na die storms van die lewe wat ons moet hanteer.
- Dit maak nie saak waardeur jy gaan nie, die engel van God is met jou.
- As ons net verder as die fisiese kon sien, sou ons God se groot voorsiening raakgesien het.
- As ons verstaan Wie met ons is, sal ons nie vrees of twyfel nie, maar ons sal glo.
Gebed: Vader, ek behoort aan U en U is ook die Een wat ek dien en liefhet. Mag die werklikheid van u teenwoordigheid en u krag my vrese oorweldig en my die vertroue gee om te staan en te glo. In die Naam van Jesus. Amen.
读经计划介绍

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More