Vandag Se Vers预览

Vandag Se Vers

10天中的第9天

Psalm 34:16

"Die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep."

  • Dink net daaraan, die oë van die Here waak oor jou. 
  • Jy is sy oogappel en Hy het jou lief en sorg vir jou. 
  • Die oë van die Here is oop vir jou behoeftes en die verlange van jou hart. 
  • Sy ore is oop en Hy hoor jou hulpgeroep, en Hy sal jou help.

Gebed: Vader, dankie dat niks wat ek moet hanteer vir U verborge is nie. U kan my sien en U hoor my geroep. Ek weet dat U my in u trou sal help en verlos. In die Naam van Jesus. Amen.

读经计划介绍

Vandag Se Vers

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More