Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 310 YA 365

Vers 4: Woede en jaloesie ontsien niks en niemand nie. Daar is ‘n fyn lyn tussen kwaad word en sondig, soos Paulus ook in Efesiërs skryf: “As julle kwaad word (wat nog nie ‘n probleem as sodanig is nie), moenie sondig nie” (bv. deur te steel, of lelik te praat, of verbitterd of opvlieënd te wees, te vloek of te skel nie) – Efesiërs 4:26-31. Jaloesie word egter altyd in Spreuke as verkeerd gesien – wanneer jy jaloers is op mag (Spreuke 3:31), of van hartstog brand (Spreuke 14:30) veral vir ‘n ander man se vrou (Spreuke 23:27) of nog erger, jaloers is op slegte mense (Spreuke 24:1,19). Die woord word soms in die res van die Bybel in ‘n positiewe sin gebruik, waar dit op enkelvoudigheid of lojaliteit dui, veral van God self (Eksodus 20:5). Dit is egter nie die geval in Spreuke nie.

Vers 5 en 6: Eerlikheid is altyd die beste. Selfs al ontbloot dit jou, en maak dit jou seer, is eerlikheid aan te beveel. 'n Openlike bestraffing konfronteer jou om tot inkeer te kom, terwyl 'n onsigbare liefde jou nie wegkeer van 'n verkeerde pad nie. Op eerlike mense se menings kan jy dus staatmaak. Hulle is jou ware vriende. Moenie daarvan terugdeins nie. Jy moet egter ook versigtig wees vir 'n skynheilige soen. Dit kan 'n hart wegsteek wat haat. Dink maar net aan Judas wat Jesus verraai het met 'n soen.

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More