Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Tema 5 – Onvanpaste woorde maak seer.
Hierdie drie spreuke in vers 18 tot 20 handel al drie oor die leed wat onvanpaste woorde ander aandoen.
Vers 18 waarsku ons dat valse getuienis jou naaste verwoes. Dit is asof jy hom tegelykertyd met drie wapens bykom: 'n knopkierie, 'n swaard en 'n skerp pyl.
Vers 19 wys hoe onbetroubaarheid in sulke soort konflik bydra tot die een wat bygekom word se benoudheid. As een wat jy vertrou het jou in die steek laat, is dit soos 'n slegte tand wat breek as jy daarop kou. Of 'n voet wat swik as jy jou gewig daarop plaas.
Vers 20 waarsku daarby dat as jy die hartseer ignoreer – die bedroefde een met 'n vrolike lied verwelkom asof niks gebeur het nie – dan is jy soos een wat die bedroefde, wat alreeds koud kry, se klere uittrek, of sy pyn vererger deur asyn (suur) op bytsoda (alkali) te gooi. Suur op alkali laat die alkali opbruis en vernietig die aard daarvan (dit raak sout).
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More