Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Tema 7 – Goeie kommunikasie maak saak.
Hierdie drie spreuke in vers 23 tot 25 onderstreep die waarheid van goeie kommunikasie van verskillende kante af.
Vers 23: agteraf praat (’n tong wat in die geheim praat, of skinder) maak kwaad – dis so seker as wat die noordewind reën bring.
Vers 24: twis by die huis is onuithoudbaar (Spreuke 21:9).
Vers 25: goeie berigte van veraf is soos koue water vir ’n moeë mens se dors.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More