Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 287 YA 365

Tema 4 – Geduld en selfbeheersing bring jou ver.

Die volgende drie spreuke in vers 15 tot 17 het almal met geduld en selfbeheersing te make.

Vers 15 verduidelik dat stille volharding mense in gesagsposisies oorhaal. 'n Sagte tong het verstommende krag. Dit kan bene breek! Dit is waarom Petrus beskeidenheid voorskryf in ons interaksie met die wêreld, want dit hou nie net ons gewetens skoon nie, maar dit bring teenstanders tot insig (1 Petrus 3:15-16). Spreuke het dié boodskap al drie keer gebring (Spreuke 15:1; 15:14, 32). 'n Mens kan dit maar glo!

Andiko

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More