Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Tema 2 – Behou goeie buurmanskap.
Hierdie twee spreuke leer ‘n mens om versigtig te wees om:
1 - sommer vinnige gevolgtrekkings te maak oor jou buurman sonder om eers in diepte ondersoek te doen oor wat jy waargeneem het (Spreuke 25:8) en
2 - as jy wel dink dat jy ‘n saak teen hom het, baie seker te maak van jou feite, selfs al maak jy staat op dinge wat vertroulik vir jou gesê is, anders kan jy lelik op jou neus kyk as iemand anders dié feite nie kan rugsteun nie (Spreuke 25:9-10).
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More