Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 237 YA 365

Ons kom by die laaste 16 verse van Salomo se eerste bundel spreuke. Interessant genoeg is die aantal spreuke in hierdie versameling van hom gelyk aan die numeriese waarde van Salomo se naam: 375.

Waar Salomo nou al oor God se sorg vir die opregtes (hoofstuk 10) geskryf het, en dat Hy ‘n toevlug is vir ons (hoofstuk 14), uitgebrei het op die invloed van wyse woorde op welvaart (hoofstuk 13), en die veilige ruimte wat ons integriteit vir ander gee (hoofstuk 14), tesame met ‘n hele spektrum van ander sake, skryf hy in hierdie paar verse veral oor rykdom en armoede en die invloed wat dit op verhoudinge het. Hy lê ook klem op die gevolge van ‘n mens se gedrag – luiheid stomp jou waagmoed af; mededeelsaamheid is tot jou eie voordeel.

Vers 1: ’n Goeie naam of reputasie is meer werd as groot rykdom. Ander se goedgesindheid is meer werd as silwer en goud.

Andiko

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More