Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 8: Die woord koning kom nie in die Hebreeuse teks voor nie. Ek sal dus eerder nie die 1983-vertaling hier gebruik nie. Hier is ’n meer letterlike vertaling na aanleiding van die 1933/53-vertaling: “Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy woede sal misluk.” Die “stok van sy woede” dui op die straf wat hy uitdeel. Dit sal tot niks kom nie. Vers 9: Wie arm mense met ’n “goeie oog” bejeën – mededeelsaam is deur vir hulle kos te gee – word geseën.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More