Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 240 YA 365

Die harde ekonomiese werklikheid is dat rykdom mag gee oor armes. Dieselfde geld vir ‘n lening. Die lener is die slaaf van die een van wie hy leen. Dit is aan die een kant ’n waarskuwing. Moenie lui wees nie. Moenie leen nie. Dit is aan die ander kant ’n aanmoediging. Verlig armoede. Red mense wat vasgevang is in ’n situasie van uitbuiting. Ons almal is immers gelyk voor die Here (Spreuke 22:2).

Andiko

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More