Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 19: Dit is beter om in die hitte van die woestyn te bly, as by ‘n twisgierige en humeurige (“maklik uitgelok”) maat. Dit is hoe sleg dit kan wees as jou maat se lont kort is (vers 9). Verhoudingewaarin rusies baie voorkom, is regtig nie maklik om te hanteer nie! Vers 20: Wysheid het ‘n ingeboude waarde wat keer dat goed sommer verkwis word. Dit is ’n skat vir gebruik in die toekoms, en olie vir gebruik in die hede. Dwase verkwansel egter alles.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More