Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Vers 19: Iemand wat graag stry, hou ook van sonde. Iemand wat groot praat (letterlik: "sy deur hoog maak") soek moeilikheid. Vers 20: Valsheid vernietig voorspoed. Dit is waar van verkeerde motiewe wat uit 'n perverse hart kom. Dit is ook waar van leuens vertel. "Hy wat die waarheid verdraai, stort homself in die ongeluk" (NLV). Vers 21: ‘n Dwase kind bring hartseer vir ‘n ouer. Dit suig die vreugde uit jou lewe uit (Spreuke 17:2, 6, 25). Twee verskillende woorde vir dwaasheid word gebruik. Die eerste woord (kĕsîl) dui op skaamteloosheid of onnoselheid, iemand wat as 'n "imbesiel" lewe. Die tweede woord (nābāl) dui op intellektuele of morele goddeloosheid, om in gedagtes of gedrag in God se wêreld te lewe asof Hy nie bestaan nie, iemand wat as ‘n “immorele” lewe.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More