Dit het gebeur in dié dae toe Mosheh al opgegroei het dat hy na sy broers uitgegaan en hulle laste gesien het. Hy het gesien hoe ’n Mitzrayimiet ’n Hebreër, een van sy broers, slaan.
Hy het hierdie kant en daardie kant gekyk en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Mitzrayimiet doodgemaak en hom in die sand weggesteek.