YouVersion Logo
Search Icon

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat HouSample

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

DAY 25 OF 43

Wees Doeners Van Die Woord, Nie Net Hoorders Nie

Lees: Jakobus 1:22-25

Soap: Jakobus 1:22

Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.

Oordenking

Wanneer ons Christene word, kry ons 'n nuwe natuur, 'n nuwe geboorte vind plaas. Die Heilige Gees kom woon in ons. Hy is die sap wat van die wingerdstok in die lote vloei en 'n godvrugtige karakter voortbring. Daarom sal ons vrugte dra wanneer ons in Christus bly.

Jakobus herinner ons dat om 'n Christen te word net die begin is. Die ware bewys dat 'n persoon wedergebore is, is dat hy of sy nou die boodskap sal "uitleef."

Om die Woord van God uit te leef beteken om te doen wat Hy gesê het. Natuurlik sukkel ons almal daagliks hiermee. Die lewenswandel van 'n Christen is nie 'n ononderbroke reeks oorwinnings oor sonde nie. Ons struikel dikwels en misluk. Soms lyk dit of ons twee treë vorentoe en drie treë agteruit gaan.

As ons egter aan Jesus behoort, sal ons keer op keer oorwinnings oor sonde hê. Ons sal anders wees as wat ons voorheen was. Ons sal geleidelik groei in heiligheid en godvrugtige karakter. Ons het 'n lewende geloof, nie 'n dooie, valse een nie. Ons is 'n lewende loot wat in die Wingerdstok bly en goeie vrugte dra. Die Vader sal seker maak dat sy kinders in sy weë wandel, om te bewys dat ons werklik aan Hom behoort. Ons weet ons word nie geregverdig deur hierdie werke nie, maar dit is die bewys dat ons nuut gemaak is in Jesus, net soos vrugte die bewys is dat 'n loot lewendig is.

Gebed

Dierbare Jesus, help my om meer as net 'n hoorder van u Woord te wees. Gee my die moed om dit elke dag uit te leef en in U te bly deur in gehoorsaamheid te wandel. Amen.

Scripture

About this Plan

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.

More