Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat HouSample

Oordink God Se Voorskrifte
Lees: Psalm 119:15-16
Soap: Psalm 119:15-16
U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.
Oordenking
Toe ek jonger was, het ek gewoonlik begin stres as ek nie elke oggend voor skool tyd saam met God in sy Woord deurgebring het nie. Op daardie tydstip van my lewe was dit meer ‘n verpligting as ‘n vreugde. Ek het dit as ‘n taak beskou, iets wat ek moes afmerk eerder as iemand saam met wie ek graag tyd wou deurbring.
Net soos om ‘n boek oor iemand te lees nie dieselfde is as om hul persoonlik te ken nie, is dit dieselfde met die Woord van God. Ons doel is nie net om van Hom te leer nie. Dit is Hom persoonlik en intiem te ken.
Ek is dankbaar dat ek oor die jare heen my al hoe meer begin “verlustig” het in die Woord van God. Dit is so belangrik om elke dag hierdie tyd saam met Hom opsy te sit. Dit is hoe Hy met ons praat, ons honger siele reghelp, bemoedig en voed. Maar wat so mooi is daarvan om te bly, is dat dit nie ophou wanneer ons ons Bybel toemaak of “Amen” sê nie. Om in Hom te bly beteken dat ons die hele dag lank saam met Hom wandel, nie net soggens nie.
Om God se voorskrifte te oordink is om sy Woord diep in ons te laat woon. Dit is meer as om bloot te lees; dit is om sy woorde in ons harte te oordink, dit te geniet en dit toe te laat om ons te vorm. Terwyl jy tyd in sy Woord deurbring, vra God om tot jou hart te spreek. Dan, soos jy aangaan met jou dag, sal die Heilige Gees jou gedurende die dag aan hierdie waarhede herinner, en jou lei, bemoedig of vir jou wysheid gee. Dít is wat dit beteken om te bly. Dit is nie bloot “stiltetyd” nie. Dit is ‘n deurlopende gesprek.
Gebed
Dierbare Jesus, laat my tyd saam met U meer wees as net ‘n oomblik, maar ‘n deurlopende verbintenis wat my lewe vorm. Ek wil u dieper ken, nie net van U weet nie. Amen.
Scripture
About this Plan

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.
More
Related Plans

The Burning Altar - 14 Days of Calling the Church to Pray

Coming to Life: 30-Day Devotional

The Old Testament in 120 Days Reading Plan

LIFE & BREATH

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 13-18)

Unfolding the Bible Story With Sherene

If God Is Perfect, Why Is There Evil?

More Than a Dream Coat
