YouVersion Logo
Search Icon

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat HouSample

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

DAY 10 OF 43

Week 2 / Bly In Jesus: Dra Blywende Vrugte

Bly In Jesus Om Vrugte Te Dra

Lees: Johannes 15:3-4

Soap: Johannes 15:4

Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.

Oordenking

Wanneer ek Johannes 15:3-4 lees, stel ek my voor hoe Jesus vooroor leun en elk van sy dissipels stip aankyk. “Julle moet in My bly en Ek in julle.…” Dit is ‘n belofte. Jesus het geweet dat elkeen van die dissipels, indien hulle lewe en bediening betekenisvol sou wees, in Hom sou moes bly.

Dieselfde waarheid is vandag op ons van toepassing. Sonder Jesus kan ons niks doen wat blywende waarde het nie. Net soos die lote aan die wingerdstok verbind moet bly vir voeding en om te groei, moet ons ook in Jesus gewortel bly vir die geestelike krag wat ons nodig het om te floreer.

Wanneer nuwe lote begin groei, hang hulle dikwels laag tot by die grond. As hulle aan die grond raak, begin vuilheid en modder aan hulle vaskleef, wat hulle kan verhinder om sterk te groei en goeie vrugte te dra. Om hulle groei aan te help, moet die tuinier die lote sagkens optel en die vuilheid versigtig verwyder sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik en goeie vrugte voortbring.

Ons ondervind ‘n soortgelyke “skoonmaakproses” deur die Woord van God. Terwyl ons die Bybel lees en ons denke deur die Skrif vernuwe word, wys God vir ons areas in ons lewe uit waar dinge verander moet word. Dit kan areas wees waar sonde ons lewens besmet en verhinder het dat ons die nodige voedingstowwe ontvang om te groei. Daar is egter altyd hoop. Deur die Woord van God is dit asof Hy ons liefdevol optel, skoonmaak en herstel, wat ons in staat stel om die goeie vrugte te dra waarvoor ons gemaak is.

Gebed

Dierbare Jesus, ek weet dat ek niks kan doen sonder U nie. Reinig my deur u Woord en bring geestelike vrugte in my voort wat U verheerlik. Amen.

Scripture

About this Plan

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

Het jy al ooit gewonder wat dit beteken om "in Jesus te bly"? Om so nou aan Hom verbind te leef dat sy liefde, krag en wysheid na elke aspek van jou lewe toe oorvloei? In hierdie leesplan gaan ons vir ses weke lank deur sorgvuldig uitgesoekte Skrifgedeeltes, dagstukkies en praktiese insigte leer hoe ‘n lewe lyk wat gewortel is in Christus en wat bekragtig en verander word deur Hom.

More