YouVersion Logo
Search Icon

EsterSample

Ester

DAY 11 OF 43

Vertrou God se Plan

Lees: Ester 2:12-18

SOAP: Ester 2:17

“Die koning het meer van Ester gehou as van enigeen van die ander vrouens en hy was meer in sy skik met haar as met enige ander jongmeisie. Hy het toe die kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.”

Oordenking

Hoe ongelooflik is dit dat ‘n jong, Joodse weeskind so opgang kon maak om die koningin van een van die grootste ryke ter wêreld te word? Net God kan so ‘n pragtige verhaal weef. Ester, ‘n vrou wat soveel onsekerheid en verlies moes verduur, het haar in ‘n posisie bevind wat sy haar nooit sou kon indink nie. Hoewel sy bekend was vir haar skoonheid, was dit God se hand in haar lewe wat haar by hierdie oomblik uitgebring het. God het ‘n plan met Ester gehad wat niemand op daardie tydstip kon voorsien nie.

Een kragtige waarheid uit Ester se verhaal is dat God nooit sonder ‘n plan werk nie. Selfs wanneer die lewe deurmekaar lyk, en die pad vorentoe onseker voel, kan ons vertrou dat God altyd vir sy eer en ons beswil optree. Ester het nie geweet wat voorlê nie, maar God het haar presies daar geplaas waar sy moes wees – gereed om deel van sy plan te wees om sy volk te red.

In ons eie lewe mag ons nie altyd die seisoene verstaan waardeur ons gaan nie. Daar sal swaarkrytye wees, en ons kan selfs God se tydsberekening of plan bevraagteken. Maar Ester se verhaal herinner ons daaraan dat God altyd agter die skerms aan die werk is, en gebeure orkestreer wat ons dalk nog nie verstaan nie. God is getrou om selfs ons moeilikste dae te gebruik om ons te vorm en sy volmaakte plan ten uitvoer te bring.

Gebed

Here Jesus, dankie vir die maniere waarop U in my lewe werk, selfs al kan ek dit nie sien nie. Help my om u volmaakte plan te vertrou, veral in onseker tye. Mag my lewe, soos Ester s’n, ‘n weerspieëling wees van u heerlikheid, en mag ek altyd bereid wees om te gaan waarheen U my stuur. U wil, nie myne nie. Amen.

Scripture

About this Plan

Ester

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.

More