YouVersion Logo
Search Icon

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)Sample

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

DAY 6 OF 6

God in elke aspek van die lewe (Deuteronomium)

Waar Levitikus die wette vir Israel uitgelê het oor hoe om vir hul sonde versoening te doen, wys Deuteronomium hulle hoe hulle moes lewe. Dit is basies ‘n uitbreiding op die tien gebooie wat elke aspek van hul daaglikse lewe beïnvloed. Die wette het praktiese uitvoering gegee aan naaste liefde en liefde vir God. Weereens sien ons hoe God belangstel in elke aspek van ons lewe, van huwelike tot vriendskappe tot besigheid en wat nog alles. Geen sfeer van die lewe is buite die belangstelling van God nie. Ons godsdiens behoort elke aspek van ons lewe te beïnvloed. Dit is wel belangrik dat ons as Christene vandag nie probeer om die wette van Deuteronomium te hou nie. Dit is nie vir ons bedoel nie, maar vir die Israeliete onder die Ou verbond.Natuurlik bly seker dinge soos “jy mag nie moord pleeg nie” steeds van toepassing. Soos dikwels wanneer ons die Ou Testament lees, soek ons eerder na die beginsels daaragter en kyk hoe die beginsel toegepas word in ons lewe en konteks. Ons beoordeel dit vanuit ‘n Nuwe Testament perspektief.

Deuteronomium het ook groot dele van die geskiedenis van Israel in. Daarin sien ons weereens God se plan met hulle, die effek van geloof en ongeloof, en deurentyd God se genade.

About this Plan

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.

More