YouVersion Logo
Search Icon

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)Sample

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

DAY 4 OF 6

Hoe om God te nader (Levitikus)

Gedurende die veertig jaar wat die Israeliete rondgeswerf het in die woestyn, het hulle die tabernakel met hul saamgeneem en op- en afgeslaan. Dit was die middelpunt van hul godsdiens. Daar is al die offers gebring. Vir elke sonde of oortreding of reinigingsritueel was daar verskillende offers om te bring. Daar was twee groepe mense wat aangestel was om diens te doen in die tabernakel. Al twee groepe was uit die stam van Levi. Dit was die priesters en die Leviete. Hulle moes die mense bystaan met al hul godsdienstige behoeftes.

Die wonderlike nuus is, ons hoef niks meer van daardie ingewikkelde offers te bring en wette te hou nou dat ons Jesus aangeneem het nie! Hy was die finale en volmaakte offer. Ons leer wel belangrike beginsels uit Levitikus. Byvoorbeeld: sonde lei altyd tot dood (fisies, emosioneel en geestelik). Daarom moes iets doodgaan (met die offer) om iemand se sonde oor te sien. Sonde kan net hanteer word met die vloei van bloed. Daarom het Jesus homself vir ons geoffer aan die kruis. Ons sien aspekte van hoe heilig God is. Ons sien ook hoe God belangstel in alle aspekte van die lewe. Hy gee selfs wette vir die Israeliete oor hul kamp orde en higiëne. Dus behoort ons godsdiens nie verwyder te wees van ons alledaagse dinge, soos hoe ons na ons gesondheid kyk en selfs hoe ons ons huislike lewe en samelewing organiseer nie. Ons kan dit nie doen soos hulle nie – ons bly nie in dieselfde omstandighede nie. Maar die beginsels van orde, gesondheid en naasteliefde kan gevolg word in ons konteks.

About this Plan

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.

More